DataDot News
-
Kolle Fnuik Misdaad
By: Jana Bekker - Tyger Burger October 6, 2010'n MIKROKOLSTELSEL, wat as die DNA van besittings bekend staan, is onlangs by die SAPD-Bothasig bekend gestel. Die stelsel eien gesteelde items in 'n japtrap, mits dit daarmee gemerk is.
Die Datadot-stelsel, soos dit genoem word, is verlede Dinsdag, 28 September by die Bothasig-polisiekantoor geimplementeer en is 'n gesamentlike projek van die Wes-Kaapse Besigheid teen Misdaad, die SAPD en maatskappy, Datadot.
Met die projek word daar gefokus op die bekamping van misdade soos inbrake, diefstalle, rowe en diefstal uit voertuie, deur jou besittings met die kolletjiestelsel te merk.
Die tegnologie bestaan uit 'n mikrokolletjie van 0.5mm in deursnee, onsigbaar vir die blote oog. Die kolletjies word op verskillende plekke op 'n besitting aangebring.
Op 'n motor word 10 000 mikrodotjies op verskillende plekke aangespruit. Elke kolletjie bevat 'n persoonlike identifikasienommer bestaande uit 10 syfers of 'n kombinasie van letters en syfers. Motors se 17-syfer vinnommer word aangebring op die kolletjies waarmee motors gemerk word. Die stelsel is in 2000 in Suid-Afrika bekendgestel en word deur die maatskappy, Datadot geprogrameer.
Selfs juwele soos ringe en horlosies kan met die stelsel gemerk word. Die kode op die kolletjie kan slegs met behulp van 'n spesiale skandeerder, met 'n ultraviolet-lig en 'n sterk vergrotingstoestel gelees word.
Mnr. Steven Lotz van Besigheid teen Misdaad se die verwydering van die kolletjies is byna onmoontlik.
"Hoewel die opsporing van die mikrokolletjies maklik is, is dit byna onmmontlik om elke liewe kolletjie te verwyder," se hy.
Die Suid-Afrikaansa Nasionale Polisiediens het die toerusting om inligting op die kolltjies te lees, vir elke polisietasie aangekoop.
Die enigste koste betrokke by die projek is die aankoop van 'n datakol-pakket, wat bestaan uit die merktoerusting. Geen ander kostes word gehef nie.
Bothasig-polisielede het reeds die naweek huise waar misdaad hoogty vier, begin merk.
Ann die einde van Maart vanjaar was 10 254 polisielede reeds opgelei in die identifikasie van die kolstelsel en 5 347 indentifiseringstoestelle reeds aan die polisie geskenk deur Datadot.
Lotz se na verwagting sal wetgewing motoriste van volgende Januarie verplig om hulle motors te merk.
Back to News




